Bob Diamond stel belang in Barclays Afrika

Gerugte doen reeds verskeie maande die rondte dat Bob Diamond, ’n voormalige uitvoerende hoof van Barclays in Brittanje, sou belangstel om Barclays Afrika oor te neem,

Die bespiegelinge is nou bevestig deur Diamond self, wat glo gesteun word deur die finansiële Carlyle Group LP.

Befondsing is reeds in plek en daar bestaan glo wye steun vir Diamond se poging om die groep oor te neem. ‘

’n Moontlike vennoot in die aansoek kan Atlas Mara wees wat saam met Diamond die aanbod sal maak.

Barclays is besig om hom los te maak uit die verraderlike sakewêreld van Afrika, en sal glo mettertyd ook ontslae wees van sy Absa remskoen.

Foto – Bob Diamond