Zuma vlug land-uit

Die omstredenheid oor die Gupta-familie, hulle verbintenis met die Staatspresident, Jacob Zuma en hulle invloed op regeringsinstellings, het vir die tweede agtereenvolgende week die nuusdekking oorheers.

Volgens ROi Africa, ’n organisasie wat die media monitor, het een uit elke drie nuusitems verlede week oor die Guptas gehandel.

Terwyl die druk op Zuma toeneem oor sy beweerde korrupte verhoudings met Indiese familie en korrupsie in sy regering gebruik hy die staat se geld om oorsee rond te rits en Arabiere te besoek om sogenaamde ekonomiese bande te sluit.

Hy is tans op ’n staatsbesoek aan Doebai nadat hy Sondag in Saoedi-Arabië was.

Suid-Afrika het die afgelope paar jaar sy betrekkinge met die VAE en Saoedi-Arabië versterk.

’n Gesamentlike ekonomiese kommissie wat betrekkinge tussen Suid-Afrika en Saoedi-Arabië bestuur, het vroeër vandeesmaand in Kaapstad vergader. Die Saoedi-Arabiese firma ACWA Power het ’n belegging van R15 miljoen in ’n sonpaneelprojek in Groblershoop in die Noord-Kaap aangekondig. Dié projek sal krag aan meer as 200,000 huishoudings voorsien.