Sondagontheiliging!

Dit gebeur baie min dat ek na die voorheen volkseie radio, Radio Pretoria luister. Wanneer ek dit wel doen is ek nogal taamlik krities want dit is nie die radio van weleer waaraan ons as lede van die Boerevolk gewoond was nie.

 

So luister ek vanoggend na die radio en wat hoor ek? Daar is ‘n advertensie van SPAR wat die luisteraars aanmoedig om op Goeie Vrydag hulle inkopies daar te gaan doen. Onmiddellik vra ek myself die vraag af? Wat het van die respek geword wat ons volksgenote gehad het vir Goeie Vrydag. Dan besef ek dat dit waaraan ons gewoond was, is iets van die verlede. Geen respek meer vir ‘n Christelike vakansiedag nie en dit kom eintlik neer op Sondagontheiliging.

 

Daar word ‘n dringende beroep gedoen op die bestuur van die radio om te besin oor dit wat julle mee besig is.

 

Sola Christo(dat ons daagliks voor die wet van God staan) 

 

Dries du Toit