Sewende laan en ras

Die vervaardigers van die lokasiesepie, 7de Laan, is aangese om rassistiese aan- en opmerkings op te volg na klagtes van een van die aktrises ontvang is.

Die aktrise Enhle Mbali Mlotshwa het Sondag op Bakkeisblad gesê sy is geskok deur rassistiese aanmerkings van mense op die stel van 7de Laan oor die storielyn van haar karakter Nandi.

In die sepie raak Nandi, verlief op Bernard, vertolk deur Werner Coetser.

Die lang verwagte, oor die kleurgrens “soentoneel” het verskeie reaksies ontlok.

Sy beweer op haar Bakkiesblad dat daar rassistiese aanmerkings deur van haar medewerkers op stel gemaak is.

Die saak word deur die SAUK ondersoek. Skynbaar was daar van die akteurs wat aanmerkings gemaak het oor die soenery tussen ‘n wit akteur en ‘n anders kleurige aktrise.

Bewerings van rassisme is deur ander spelers ontken wat sê dat in al die jare wat hulle saam optree, was daar nog nooit sprake van so-iets gewees nie.

Die sepie is jare al besig om mense te indoktrineer om brassery en rondflentery elke tweede aand met iemand anders as normal te beskou. So die vryery tussen wit en bruin is maar net  ‘n natuurlike uitvloeisel.