Russe wil Mars besoek

Rusland het gister saam met Europa begin werk aan ’n ruimtesending na Mars en gaan vanaf die Russiese lanserings terrein, Kazachstan, twee ruimtekapsules afstuur na die planeet.

Die bedoeling is om die lansering te doen sodat die twee ruimtetuie teen Desember by Mars sal aankom.

Die een tuig sal bly wentel om die planeet, terwyl die tweede een ’n landing moet uitvoer op die oppervlakte.

’n Tweede fase volg binne twee jaar daarna, wanneer ’n elektronies beheerde “ruimte karretjie” daarheen gestuur word wat ’n reeks take sal verrig.

Aan boord van die ruimtetuig is die “Trace Gas Orbiter” wat die gasse en die atmosfeer se samestelling moet bepaal, waarvan die belangrikste waarskynlik die hoeveelheid metaangas is wat gemeet moet word.

Die tuig wat op Mars gaan land, sal glo teen ’n snelheid van sowat 21,000 kilometer per uur die atmosfeer van Mars binnegaan, en sal met ’n valskerm verminder word om ’n “sagte landing” uit te voer.

Die ruimtetuig gaan met boorwerk bepaal wat die grondsamestelling is, wat later sal uitwys of mense dit kan waag om ’n besoek te bring.