Rusland onttrek troepe uit Sirië

Die Russiese president, Wladimir Poetin, het aangekondig dat Rusland sy troepe uit Sirië begin onttrek aangesien sy taak grotendeels suksesvol deurgevoer is, maar dat die vegvliegtuie steeds op bystand teen terroriste is.

Samesprekings is ook gevoer deur die twee presidente, Wladimir Poetin en Barack Obama om die onttrekking van magte te bespreek en ‘n strategie uit te werk om ’n vredesplan in die land te vestig.

Rusland het meer as 60 van sy vegvliegtuie in Latakia, in die noorde van Sirië, waarmee hulle die afgelope ses maande verwoesting gesaai het onder die Islamitiese Staat (IS) se vestings.

Poetin het ook gesê die lugmagbasis wat hy gebruik, steeds tot sy beskikking is en die vliegtuie asook die bemanning is op gereedheidsgrondslag vir enige gebeure.

In die verklaring het Poetin ook bevestig dat Rusland steeds verbind is om die Siriese regering te ondersteun in die stryd teen terroriste.