Planeet saai verwoesting in ruimte

’n Planeet wat deur wetenskaplikes as ‘n “dooie ster” beskryf word, en noukeurig waargeneem word, is besig om verwoesting te saai in die buitenste ruimte.

Gedurende Oktober 2015 het wetenskaplikes die planeet ontdek, sy bewegings dopgehou en gevind dat hy reeds ses ander hemelligame “vernietig” het.

Die “dooie ster” is ’n super kompakte planeet wat ’n “aardagtige” kern het en wat sy buitewand blykbaar uitgebrand het.

Wetenskaplikes verwys ook na die planet as ’n “wit dwerg” wat soos ander soortgelyke sterre lyk wat gewoonlik binne ’n dag verdwyn, maar hierdie een is reeds sewe maande in sig.

Die witdwerg-planeet is egter so 570 ligjare weg van die aarde, en wetenskaplikes sê dit kan dalk ’n aanduiding gee van hoe die einde van die sonnestelsel oor ’n miljard jare kan lyk.

Rondom die planeet word stof en brokstukke gevind van ander klein “planete” wat deur die planeet verwoes is. Die kleiner planete “verbrokkel” sodra die wit dwerg nader kom en binne ’n afstand van 837,000 km is.

Die wetenskaplikes, wat die dwergplaneet met  die “Thai National Telescope” waarneem, sê die ses klein planete wat vernietig is, kan moontlik nie die enigstes wees nie, en daar is aanduidings dat dit selfs 15 ander hemelliggame is wat reeds vernietig is.

Die vermoede is dat die dwerg uit ’n besondere samestelling bestaan wat nie ’n vaste stof is nie, maar ook daaroor is nog nie sekerheid nie.