Mikro klein robotte trek voertuig

Wetenskaplikes verbonde aan die Universiteit van Stanford het daarin geslaag om mikro-robotte te bou wat gesamentlik ’n enorme krag uitoefen en selfs ’n Chevroletmotor kon sleep.

Ses van die piepklein robotte se gesamentlike krag het tot die verbasing van toeskouers, die motor in beweging gebring.

Die inspirasie het gekom toe een gesien het hoe ’n aantal miere ’n groot wurm gepak het en hom na die nes gesleep het.

Die wetenskaplikes het die klein robotte so ontwerp dat hulle gesamentlik daartoe in staat is om ’n voorwerp te sleep wat 2000 keer swaarder as hulle is.

Die robot is so ontwerp dat dit “bene en voete” het wat met ’n klewerige suigaksie aan die vloeroppervlakte vassuig en los.

Die moeilikste deel vir die wetenskaplikes was om die ses robotte te laat saamwerk om die reuse krag uit te oefen.

Die piepklein robotte weeg elkeen slegs 14 gram, en die motor wat hulle gesleep het, weeg 1770 kilogram saam met die bestuurder wat in die motor was.