Kaapse taxibestuurders sluit paaie

220 Taxi bestuurders het Dinsdag die kruising by Koeberg en Freedomweg blokkeer uit protes oor die Stadsraad se MyCiti busroetes.

Die Kaapse busstelsel is een van die min vervoerstelsels in die land wat goed funksioneer met roetes oor groot dele van Kaapstad asook verbindings met die lughawe en besienswaardighede.

Die polisie hou die situasie dop en tot dusver is geen gevalle van geweld aangemeld nie.