First Rand verminder poste

FirstRand, een van die vyf grootste bankgroepe in Suid-Afrika en in Afrika, suid van die Sahara, is in gesprek met vakbonde oor 600 werksgeleenthede wat op die spel is.

Daar is sprake dat FNB bykans 40 takke landswyd gaan sluit om die groep meer winsgwend te maak.

FirstRand se half-jaar syfers toon ‘n stagnasie as gevolg van die swak ekonomiese toestand in die land.

Intussen is berig dat Chris Hart, die ekonoom van Standard Bank bedank het. Dit volg skynbaar na sy sogenaamde rassistiese twiet vroeër vanjaar.