#FeesMustFall eis eerste slagoffer

Die vise-kanselier van die Universiteit van Kaapstad (UK), dr Max Price, het gewaarsku dat personeelafleggings binne die volgende twee jaar sal geskied as gevolg van ‘n begrotingstekort.

Hoewel hy dit nie uitgespel het nie is dit ‘n logiese afleiding dat die regering se aankondiging dat klasgelde nie verhoog mag word nie asook die afskryf van skuld, van die redes is waarom die universiteit noustrop trek.

Daar word gehoop dat natuurlike aftredes, bedankings en die besnoeiing van nie-essensiële dienste die situasie sal verlig.

Sodra ‘n kultuur van “nie-betaal” geskep word, is die logiese gevolg dat ‘n instansie nie kan oorleef nie. Die regering en universiteitsowerhede se slap houding met anargistiese studente baar nou wrange vrugte.