Chaos met voertuig hernuwings

Die Poskantoor (SAPO) het geen hernuwingskennisgewings aan motoriste uitgestuur nie omdat die Departement van Vervoer nie sy Poskantoorrekening betaal het nie.

Dipuo Peters, die Minister van Vervoer, het die antwoord gegee na aanleiding van ‘n vraag in die parlement oor die probleme met nuwe uitreikings.

Die AA het ‘n beroep gedoen op die Departement van Vervoer om die probleem so gou as moontlik uit te sorteer aangesien daar ‘n klomp motoriste nou ry met voertuie wat se lisensies verval het.

Die vraag is hoekom moet ons E-tol betaal as die Departement versuim om sy poskantoorrekening te betaal.