17 Maart is Korrupsiedag

Die 17 de Maart 2016 sal in die anale afgaan as Korrupsiedag meen ‘n Engelse rubriekskrywer.

Dit kom nadat FIFA bevestig het dat die Wêreldbeker van 2010 gekoop is deur Suid-Afrika se sport-politieke administrateurs.

Mcebisi Jonas het bevestig dat “gangstas” of bendelede die land regeer. Die gevolg gaan wees dat die rand gaan val, Zuma gaan uittree en die Gupta’s gaan die land verlaat.

Volgens Poplack is dit die krisispunt in die land waar “ons” nie meer kan lieg vir onsself nie en moet erken dat hierdie weergawe van ‘n demokratiese proses ‘n mislukking is. Die nuwe Suid-Afrika is dood, lank leef Azania, of Mzanzi, of iets of enigiets, aldus Poplack.

Dit wat ons voor 1994 teen gewaarsku het en of doodgeswyg is oor of as pessimiste afgemaak is, is vinnig besig om te gebeur. Suid-Afrika is op ‘n afgrond, wanneer en hoe ons oor die rand gaan stort is net ‘n kwessie van tyd.

Die vraag bly steeds wat maak u en ek in hierdie situasie? Bly ons maar saam skep tot die pot leeg is? Bly ons in ontkenning leef? Bly ons glo dat demokrasie in Afrika gaan werk? Gaan ons deel bly van ‘n Godlose stelsel? Sou ons JA antwoord op hierdie vrae dan moet ons ophou kla en kerm oor die bedrog, korrupsie, ja selfs oor die moorde en verkragtings wat daagliks plaasvind.

As jy egter NEE sê vir hierdie vrae, is die groot vraag wat gaan jy doen? Keer jou rug op hierdie stelsel, stop jou kleinlike geveg met jou mede-gelowige broer en suster, ondersteun jou mede-volksgenoot in sy besigheid in plaas van die Moor of Indiaan, maar bo-alles maak jou saak reg met jou Skepper. Hy het gesê: “Ek sal vir jou ‘n God wees en jy sal vir my ‘n volk wees”

Kom ons vestig ons hoop op Hom, kom ons bring ons eie huis in orde, kom ons kom weer as volk in ons kerke byeen en bid tot Hom wat tot alles in staat is.

Dr. Andries van der Walt.