SARS soek belastingontduikers

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SARS) het ‘n blitz-krieg aangekondig teen klein besighede.

Tom Moyane die SARS-kommissaris teiken veral besighede waar daar grootliks in kontant handel gedryf word. Durban is volgens berigte veral ‘n area waar hierdie ondernemings floreer. 

Dit is te betwyfel of Monyane sy inspekteurs opdrag sal gee om die uitlanders se besighede ook te ondersoek. Volgens ingeligte bronne is SARS-inspekteurs maande gelede aangesê om nie meer tyd te mors met Sjinese sakemanne se boeke nie.

Sjinese, asook Nigeriërs, Surinamers en ander volksvreemdes se handelsbedrywighede geskied bykans alles in kontant. Goedere wat verkoop word is meestal "Made in China."  Dus is dit bykans onmoontlik om BTW en gewone LBS te hef of te kontroleer.

Hulle maak nie gebruik van die handelsbanke nie, wat dit moeilik maak om die geldspoor te kontroleer.

Straatsmouse betaal in elk geval nie huur of belasting nie, so dit gaan maar weer die goue gans wees wat ondersoek moet word.