Moaner se seun in koma

Die bekende rugbyspeler, Moaner van Heerden se seun Gerhard (30), is breindood en die masjiene wat hom aan die lewe hou, sal binne dae afgeskakel word.
Gerhard is reeds breindood verklaar. 

’n Reuse-aneurisme het sy lewe geëis. Hy is die pa van ’n eenjarige dogtertjie. Moaner (64) het verlede week ’n suksesvolle hartoperasie ondergaan.