Wanbetaling/nie-betaling vir dienste

Die Redakteur,
 
Die Afrika kultuur van nie-betaling vir dienste gelewer is seker een van die groot redes waarom Suid Afrika tans in ‘n finansiele krisis verkeer. 
Die “fees must fall”- brigade is nie iets nuuts nie.  Munisipaliteite regoor die land sit met biljoene se uitstaande betalings van elektrisiteit, water- en diensterekenings. 
In ‘n sneeubal effek skuld munisipaliteite Evkom miljoene vir krag gelewer maar wat nie verhaal wil/kan word van inwoners van swart (mag ons dit swart noem) buurtes. 
Banke (sien African Bank) en ander instellings soos die Edcomgroep sit met enorme skuldboeke wat niemand wil oorneem nie want die moontlikheid van verhaling van hierdie skuld is bykans nul. SAL soos reeds berig, is bankrot,  hul skuld ACSA, die Lughawemaatskappy wat die lughawens bestuur, meer as R50miljoen vir dienste gelewer. 
Skyline ‘n laekoste lugredery se skuld was teen einde November R4miljoen aan ACSA –  uitstel is gevra maar is geweier en Skyline is nog steeds “gegrond”.  
Die Tesourie is besig om weereens te help om SAL te probeer red.  Intussen is dit I &J (ek en jy as belastingbetaler) se geld wat in ‘n bodemlose put gegooi word, ‘n put waar wanbestuur, nepotisme, buitengewone bonusse aan “bestuur” alle fondse verteer soos ‘n swart sprinkaanplaag.
Hoe lank gaan ons nog gebuk gaan onder hierdie juk. Is daar werklik ‘n begeerte by ons mense om weg te kom van swart oorheersing of is dit nog steeds “braaivleis, rugby, sonskyn en Chevrolet”.
Dr. Sakkie van der Merwe.