Veevoer word al skaarser

Terwyl die boere met ’n wakende oog hou oor die uitgee van die veevoer wat hy versamel het, begin veevoer- vervaardigers sukkel om by te hou met die produksie terwyl die aanvraag bly styg.

Boere raak bekommerd omdat die vervaardigers reeds agter is op die produksie, want hulle sukkel om lusern vinnig genoeg te bekom om die produksie van veevoer teen volle kapasiteit te vervaardig.

Van die vervaardigers sê hulle is nou 60 dae agter met die lewering van bestellings, en vra dat kopers betyds hulle bestellings moet plaas om seker te maak hul diere kry voldoende en gereeld hul voeding.

Vervaardigers sê hulle is egter bekommerd dat boere bestelling begin plaas wat later gekanselleer word wat daarop dui dat die beplanning nie deeglik gedoen is nie, en dit maak dat vervaardigers sukkel om te bepaal hoeveel dae hulle agter is met produksie.

Boere probeer hulle diere markgereed hou om seker te maak dat hulle die diere bemark sal kry terwyl die stygende vleispryse help om die duur veevoer te betaal.

Met die ernstige veldbrande, het die beskikbaarheid van veldgras afgeneem en probeer boere self ook met molasse en konsentrate die ruvoer op die plaas maksimaal te benut, maar die ruvoer is nie genoeg om ’n hele plaas se diere te voer nie.

Mieliepryse het die hoogte ingeskiet, en min veeboere het mielies wat self geproduseer is, met die gevolg dat daar eerder gesoek word na meer bekostigbare mengsels wat bekombaar is.