Rassisme en Standard Bank

Die Redakteur
In ‘n verklaring het die Hoof Uitvoerende Beampte van Standard Bank, Sim Tsabalala, met Chris Hart se skorsing ‘n onbedekde aanval teen blankes in SA geloods. 
Blatante rassime en ongelykheid is volgens hom die rede vir die land se finansiele gemors. Hoe oorspronklik!
Hy sê dat swart Suid-Afrikaners geregtig is op ‘n kwaliteit lewe en dat regstelling van apartheid nog nie geskied het nie. 
Volgens hom is daar na 20 jaar sedert die Blanke minderheidsregering tot ‘n einde gekom het, nog steeds ‘n gaping tussen wit en swart tov voorspoed en inkomste.
Die land se uitstekende hulpbronne, maatskappye en infrastruktuur word weggekalwe deur onvolledige transformasie en rassisme.
Dat ‘n “baas” van ‘n bank   sulke blatante onwaarhede kan kwytraak en ‘n deel van die land se bevolking openlik beskuldig van rassisme is absurd. Niks kom uit sy mond oor die swak rand en die aandelebeurs wat ‘n laagtepunt bereik het nie. 
Geen melding van  ‘n president se onbevoegdheid met afdankings en aanstellings van ministers nie.  Nee – dit is maar weer die wit skape wat ter slagting gelei word.  
Jan van Schalkwyk.