Geloftefees Vanrhynsdorp

Op 16 Desember 2015 vier ons ons vierde Geloftefees te Lankverwacht Gasteplaas, Vanrhynsdorp.
Ons sal die 15de Desember reeds die namiddag saam kuier, maar die fees begin Woensdagoggend om 08h00 met ‘n vlaghysingseremonie en oggendgodsdiens.
Ons program verloop as volg:  Ons gasspreker, Koos Steenkamp, sal ons toespreek om 09h00 waarna ons verdaag vir koffie/tee en boerebeskuit. Ons erediens word gelei deur ds. Jan Fourie van Hardeveld om 11h00 waarna die Paardekraal gelofte en die Bloedrivier Gelofte voorgehou sal word,  gevolg deur ‘n klipstapeling.
Daarna sal ons lekker boerekos geniet  en saam kuier.  Ons vertrou dat hierdie fees van krag tot krag sal gaan en nooi alle volksgenote uit in ons omgewing nl. Nieuwoudtville, Vanrhynsdorp, Klawer, Clanwilliam en selfs verder om by ons aan te sluit op ‘n dag van verootmoediging en herbevestiging van ons Geloftes aan God Drie-Enig. 
Belangstellendes kan ons kontak by:  Louis Burger: 0741932978 of  Sakkie van der Merwe 0718680413.  Daar is beperkte karavaan staanplekke kosteloos beskikbaar.