Geloftefees Groblersdal

Die Geloftefees word in die DLU saal op die N11 na Middelburg te Groblersdal gehou. Dit begin om 09:00 vm. en die verrigtinge word geopen deur ds. Johan du Preez van die plaaslike Ned. Hervormde kerk. Die spreker vir die geleentheid is dr. Dan Roodt. Na die geleentheid word daar gesellig saam verkeer met waatlemoen en druiwe. Vir meer inligting kan daar met Andrè de Beer geskakel word by 0781611967.