Russe gaan IS uitwis

Terwyl Westerse lande nou besig is om die Islamitiese Staat (IS) se olievelde te vernietig, het Rusland aangekondig dat hy 150,000 soldate na Sirie stuur om ’n einde te maak aan die terroristegroep se bestaan.

Die eerste doelwit sal wees om beheer te neem van die IS “hoofkantoor” in Raqqa, en Rusland wil in die proses die terroriste “aan flarde” skiet.

Raqqa is die selfverklaarde hoofstad van die terroriste in Sirië, wat glo deur sowat 6,000 terroriste beheer en daagliks gepatrolleer word.

’n Woordvoerder het later gesê dit is duidelik dat Rusland dit ten doel het om die IS-magte aan te val en beheer te neem oor die olievelde in die omgewing van Palmyra waar antieke murasies vernietig is deur IS- magte.

Volgens kenners is dit uiters noodsaaklik dat Raqqa beheer word voor die olievelde afgeneem kan word, en dit blyk asof die Russe hulle huiswerk goed gedoen het.