Geen Volkswagen werkers afgedank

Te midde van ernstige finansiële implikasies wat Volkswagen ondervind na die bekendmaking van die “diesel skandaal”, is geen werker afgedank nie, en is dit nie as ’n moontlikheid in die vooruitsig gestel nie.

Volkswagen het wel aan al sy werknemers bekendgemaak dat hulle jaarlikse bonusse drasties ingekort word.

Die besluit is geneem nadat Volkswagen se verkope van dieselmotors in Oktober met sowat 5% gedaal het, en die algehele verkope in Europa het met 1% afgeneem.

Volkswagen motors se totale verkope het vir Oktober, regoor die wêreld op 490,000 eenhede te staan gekom.

Jürgen Stackmann, Volkswagen se hoof van bemarking, sê die tydelike “vriesperiode” in Wes Europa het ’n beduidende invloed gehad op die totale verkope.

In teenstelling met ’n tydelike daling in verkope wat ondervind is in Rusland en Brasilie, het verkope in die VSA, waar die skandaal oopgevlek is, geensins afgeneem nie.