Trou-skilderye kry nuwe base

Die regerings van Nederland en Frankryk het besluit om kragte saam te gooi en ’n aantal skilderye van die beroemde meester, Rembrandt van Rijn, aan te koop.

Die twee lande het in ’n verklaring gesê hulle sal die skilderye tussen hulle laat roteer vanaf Amsterdam se Rijksmuseum en die Louvre in Parys.

Die pragstukke het tot hede behoort aan die Rothschild-familie en is selde vir vertoon aan die publiek beskikbaar gestel.

Die skilderye wat dateer uit die 17de eeu, is besonderse versamelstukke wat blykbaar veel “veiliger” bewaar kan word in die twee erkende museums.

Die Nederlandse Minister van Kultuur het gesê die twee lande glo die beroemde, maar onbekende skilderye behoort vir almal wat belangstel in die kunste, toeganklik te wees.

’n Woordvoerder het later gesê die ooreenkoms tussen die twee lande is aangegaan deur die Nederlandse Minister Mark Rutte en die president van Frankryk, Francois Hollande, tydens die Verenigde Nasies se vergadering in New York.

Die twee vollengte skilderye van ’n jong paartjie is in 1634 geskilder deur Rembrandt van Rijn.

Die twee stukke word nou aangekoop by die Rothschild-familie teen ’n bedrag van sowat $179 miljoen.

Foto – Die twee onbekende skilderye