Nuwe tegniek ontwikkel vir veloorplanting

Kaapstad –  In die Tygerberg-hospitaal is ’n nuwe metode van veloorplanting ontwikkel wat nie net goedkoop is nie, maar skynbaar veel beter is as die metodes wat tot hede gebruik is.

Met die vereenvoudigde tegniek word menslike vel gekweek en oorgeplant, en sal waarskynlik eersdaags die lewe van derduisende brand-slagoffers verbeter.

Dié tegniek is die afgelope jaar by die Tygerberg-hospitaal ontwikkel en ’n eerste pasiënt het reeds so ’n oorplanting ondergaan.

Dr. Wayne Kleintjes, Hoof van die Brandwond-eenheid het die tegniek ontwikkel wat in die toekoms deur enige gekwalifiseerde dokter gedoen kan word.

Wat benodig word, is ’n steriele omgewing, en ’n broeikas.

Volle besonderhede oor die tegniek kan nog nie bekend gemaak word nie want die registrasie van die metode en tegniek moet eers afgehandel word.

Hy sê hy het die tegniek ontwikkel nadat ’n 16-jarige erge brandwonde opgedoen het en die helfte van sy lyf beseer is.

Die hospitaal het begin geld insamel om die jong pasiënt te probeer help, maar toe ontdek dat die produk wat ingevoer moes word, verbied is weens Ebola-virus probleme.

Hy kon toe niks verder vir die pasiënt doen nie, wat hom aangespoor het om nuwe tegnieke te probeer ontwikkel.

Dit sou egter derduisende Rand gekos het om die pasiënt te help, Nou is die pasiënt gehelp en die koste beloop sowat R1,000.

Die ingevoerde produk kos R70,000 vir ’n oppervlakte van 10 cm by 7 cm.

Foto – dr. Kleintjes en pasiënt