Ametis – ‘n pragtige edelsteen

Ametis is ‘n pienk tot pers edelsteen van kwarts en word gebruik om in verskeie vorms in juwele te plaas. Ons weet almal hoe pragtig is ‘n ring waarin hierdie steen gebruik is. Die naam ‘Amethyst’ kom van die ou Griekse woorde ‘a’ (“not) en methystos (“intoxicated”). Dit word ook vertel dat hulle geglo het dat hierdie steen mens van dronkenskap bewaar. Dis ook die rede waarom hulle dit gebruik het op die drank vaatjies. Hierdie is ‘n baie besondere steen en ook die geboortesteen vir Februarie.

Ametis se kleur kom van die pers straal van onsuiwerhede in yster wat ook in silikon gebruik word. Natuurlike ametis kristalle se kleur kan tweekleurig voorkom in rooi-pers en ook blou-pers, maar wanneer dit warm gemaak word, verkleur dit na geel-oranje, geel-bruin of donkerbruin maar dit verloor weer hierdie kleure en word weer van pienk na pers. Die bygaande foto is van ‘n rou ametis wat in Magaliesberg, Suid Afrika gevind was. Die kristal sisteem is rhombohedral klas 32 wat ruitvormig en helder beteken. Die hardheid van die ametis is dieselfde as kwarts en daarom is dit so geskik vir die maak van juwele.

Volgens bronne word die beste ametis stene in Siberia, Sri Lanka, Brasilië en die Ooste gevind. Die groen kwarts word soms verkeerdelik as ametis gereken. Soms is die kleur van die ametis parallelle strepe in die kristal. Daarom moet die steen absoluut korrek gesny word om die oorspronklike kleur te kry.

Ametis kom grootskaals voor in Brasilië waar dit in vulkaniese rots gevind word. Ametis is die offisiële edelsteen van Suid Carolina en van hierdie Carolina ametisstene word uitgestal in die Smithsonian Museum van Natuur geskiedenis. Die waarde van die steen was in die 18de eeu baie hoog maar het gedaal na gelang van die groot hoeveelhede wat in Brasilië gevind is. Versamelaars van ametis kyk na die diepte van die kleur en dit wil voorkom of as daar ietwat van rooi in gevind word, dit sommer hoog in aanvraag is. Die karaat in hierdie stene is nie van belang vir versamelaars nie. Gewoonlik is karaat belangrik maar die ametis se kleur is van belang. Die hoogste graad ametis is “Deep Russian” genoem en is baie skaars. Dit bly egter nog laer in waarde as robyne en safiere.

Ons kan gerus ons edelstene geniet en bewaar