Hennopsrivier erg besoedel

Verwoerdburg -. Besorgde omgewingsbewustes het hulle woede uitgespreek nadat vasgestel is dat die rivier erg besoedel is.

Die skuldiges word gesoek nadat ’n regsgeleerde die afgelope naweek in Nellmapius-rylaan was en verby die rivier gery het waar ’n skuimlaag die rivierwater oor ’n groot gebied bedek het.

Hy sê die skuimlaag het sovêr as wat hy kon sien met die blote oog, oor die water gelê en was meer as ’n meter diep.

Die vermoede bestaan dat die skuim afkomstig is van ’n seep vervaardiger of ’n wassery wat ’n baie groot klomp voertuie daagliks was.

Kenners sê die besoedeling sal die dood van visse, paddas en ander water lewe vernietig want hulle kan nie teen so ’n besoedeling met chemikalieë oorleef nie.

Die saak is glo by die Blou Skerpioene aanhangig gemaak.

Intussen is vasgestel dat die Hennopsrivier in Transvaal, en die Swartrivier van die Wes-Kaap, die twee riviere is wat die die meeste besoedel word.

Boere moet  betaal vir die water wat hulle uit die erg besoedelde Hennopsrivier pomp om voedsel te produseer wat mense moet eet.

Ontleders sê die nywerhede misbruik riviere as hulle stortingsgebied om van giftige afvalstowwe ontslae te raak wat dan weer deur landbouers gebruik moet word.