Wes-Kaap boere stig nuwe forum

Die Wes-Kaapse landbouers het besluit om ’n forum tot stand te bring waar georganiseerde landbou saam kan besin oor aangeleenthede soos grondgryp projekte van die regering.

Die forum stel hom ten doel om met een stem namens landbou te praat oor aangeleenthede van gemeenskaplike belang in die provinsie.

Die groei en en volhoubaarheid binne die sektor sal ook deurlopende aandag geniet.

Waarnemers het opgemerk dat Agri Wes-Kaap en African Farmers Association of South Africa (Afasa) die rolspelers in die forum is.

Ander rolspelers is die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), Nasionale Wolkwekersvereniging , Vinpro, Hortgro en die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf wat die ooreenkoms onderteken het.

Foto – Stigters van die Forum