Tegnologie het voor en nadele

Behalwe dat die tegnologie die mens se lewe kan vergemaklik, is daar ook die moontlikheid dat dit die mens van sy daaglikse brood as werker kan beroof.

Na mate die tegnologie ontwikkel om die lewe en die wêreld ’n beter plek te maak, vrees derduisende mense dat hulle op ’n gegewe dag afgedank gaan word want ’n robot kan die werk oorneem omdat dit “meer betroubaar en meer koste effektief” vir die werkgewer is.

Totota het met sy tegnologie ’n sterk aanspraak gemaak toe hy na vore gekom het met sy waterstof-aangedrewe motor, wat waarskynlik ’n beter opsie is as die elektriese motors wat ook aan die ontwikkel is.

Die waterstof-stelsel het baie meer voordele as nadele.

Die Brandstofselle wek krag regstreeks op uit waterstof, anders as batterye wat van ’n eksterne bron gelaai moet word en is daar nie die onsekerheid van batterye wat se krag nie voldoende gaan wees om die volgende punt te bereik nie, want die waterstof model kan 650 km sonder moeite aflê, en word hervul binne ’n paar minute..

Dit vergemaklik die lewe van ’n motoris, maar kan ook daartoe lei dat menige petroljoggie en tenkwa-personeel hulle werk gaan verloor.

Dan is daar die sogenaamde Kunsmatige intelligensie wat ’n volgende stap is waar masjiene outomaties nuwe dinge aanleer deur groot volumes inligting te verwerk. Die nuwe generasie-robotika sal dit produktiwiteit aansienlik verhoog waar masjiene sekere take by mense oorneem en dit selfs beter doen. Nog ’n produk wat groter werkloosheid kan meebring.

Dit is slegs enkele voorbeelde van hoe die tegnologie ontwikkel, deels ’n vordering in die lewensgehalte van die mens, maar ook deels die dief wat werksgeleenthede by die mens gesteel het.

Foto – Toyota se waterstof aangedrewe motor