Pssssst, het jy gehoor wat sê die slimmes van: Asyn?

Asyn word verkry van gegiste alcohol en het baie sterk medisinale asook preserverende waarde. Dit kan jou liggaam baie goed doen as dit reg gebruik word.

Asyn help jou liggaam om sy kalsiumvlakke te bestendig, wat sodoende jou skelet versterk, osteoperose te minimaliseer, jou hare, naels en tande te versterk.

Dis ook ‘n uitstekende ati-septikum en werk uitstekend vir nierpypontsteking en blaasinfeksie.

Vir die dames wat hulp wil hê met gewigsverlies, is asyn baie goed om jou metabolise funksies te balanseer. ‘n Halwe teelepel appelasyn in ‘n glas water voor ontbyt gaan jou eetlus demp en jou verteringsproses stimuleer.

As die griepgogga jou beet het, gorrel appelasyn vir ‘n seer keel. Dit werk uitstekend! Of gooi asyn in ‘n bak kookwater, gooi ‘n handdoek oor jou kop en asem die stoom in. Dit sal bronchitis baie vinnig help opklaar. Vir asmatiese toestande en hoes, meng asyn en heuning. Dit help ook vir artritis.

Appelasyn op ‘n bysteek of ‘n goggabyt laat die swelsel sak en neem die brand weg. Dit help ook vir atletiese voet en ringwurm.