Piccasso-skildery betyds terug gevind

Dit is niks vreemd dat daar pogings in die wêreld aangewend word om ’n Picasso te steel, en dan later op ’n veiling te gaan verhandel vir miljoene Rand nie.

Soos gewoonlik, het nog so ’n dief probeer om ’n Piccasso uit Italië na London of New York te smokkel, maar hy is vasgetrap voordat dit kon gebeur.

Die man, wie se name nog nie bekend gemaak is nie, het blykbaar die gesteelde Piccasso, asook ’n ou Romeinse beeld wat dateer uit die tweede eeu n.C., in twee afsonderlike voorvalle na Brittanje en die VSA te smokkel.

Op en wakker polisie van die kuns-opsporingseenheid het egter betyds op die Piccasso beslag gelê wat blykbaar in 1912 geskilder is en na raming sowat R200 miljoen werd is.

Dit is vir die polisie nog ’n raaisel hoe die smokkelaar sy hande op die Piccasso kon lê sonder dat iemand dit dadelik kon agterkom.

Foto – ’n Piccasso skildery