Kunswerke gaan rekords laat spat

Dit blyk dat kunswerke se waarde so vinnig toeneem dat dit deur sommige kenners as die beste beleggingsveld beskou word, en word nuwe rekords verwag by ’n lenteveiling wat sopas aangekondig is.

Christie’s se lenteveiling word beskou as een van die bestes en sal weer deur versamelaars, welgestelde kunsliefhebbers en maatskappye bygewoon word.

Blykbaar sal ’n olieverfskildery van Picasso opgeveil word wat na verwagting alle vorige pryse kan oortref.

Die kunswerk, Les femmes d’Alger (Version “O”), wat in 1997 opgeveil is, sal weer ondr die hamer kom. Met die vorige veiling het die werk drie keer meer gegaan in prys as wat deur kenners verwag is. Die verwagting is dat die gesogte werk hierdie keer die $140 miljoen (R1.7 miljard) kerf gaan verbysteek.

Picasso het van Desember 1954 tot Februarie 1955 ’n reeks van 15 variasies van Delacroix se Les femmes d’Alger geskilder.

Voor dit verkoop word, sal dit tentoongestel word in Hongkong, Londen en New York.

Foto – Les femmes d’Alger