Fritz Joubert Duquesne-konsert.

 ‘n Klassieke konsert waarin mnr. Paul Kruger ‘n kort opsomming oor die lewe van hierdie merkwaardige spioen sal lewer, vind op 21 Maart in die Hervormde Kerksaal, Meyerspark plaas. 

Daar word tans navorsing dwarsoor die wêreld gedoen oor hierdie uitstaande spioen wat daarop aanspraak gemaak het dat hy vir Kitchener vermoor het. Die aanspraak van hom word gewoonlik afgelag en die doel van die navorsing is om agter die volle waarheid van sy lewe te kom. 

Die konsert word deur Opera 2000 aangebied en bestaan verder uit ‘n program van kort ensembles uit die operas en die operettes.

Kaartjiegeld beloop R100 pp en sal versnaperinge insluit. Die konsert begin om 18:00 en daarna kan volksgenote lekker kuier en nog voor laataand terug by die huis wees. 

Vir nadere besonderhede, skakel Chantal by 079 740 7214