Namakwalandse blomme vanjaar baie mooi

As jy vanjaar die blommeprag van die Wes-Kaap en Namakwaland wil geniet, dan moet jy ook aandoen by Sakkie en Marietjie wat die duur brandstofprys ietwat verlig met hulle uiters realistiese herberg tariewe.

As jy die blommeprag wil geniet, gaan kuier op hulle plaas "Lankverwacht" en besoek eers die webblad by www.lankverwacht.co.za.

Hulle plaas is geleë tussen Vanrhynsdorp en Nieuwoudtville en besprekings  kan telefonies gemaak word by 027 219 1889.

Vanjaar hou hulle weer ’n Geloftefees op die plaas en mnr. Paul Kruger sal optree as geleentheidspreker.

Kenners sê hier kom beslis ’n besonder mooi blomme-seisoen vir mense wat die blomme wil gaan besigtig.