SA koorsang van die beste

Die beste onder die bestes was toe die Universiteit van Stellenbosch se koor wat uitgestyg het bokant die ander toe hulle drie keer as wêreldkampioen aangewys is tydens die Wereldkoorspele in Letland.

Die Suid-Kaapse Kinderkoor het voor gestap met hul eerste internasionale deelname toe hulle self ook met drie goue medaljes vereer is.

Die koor afrigter, Erik Swart, sê die droom om wêreldkampioen te word het agt jaar gelede by die deelnemers posgevat en dit is waarheen hulle gewerk het.

Ander presteerders van Suid-Afrikaanse kore was die Kearsney College, van Pietermaritzburg, wat as wêreldkampioen in die kategorie Scenic Pop (96%), met hul afrigter Bernard Krüger;

Die bekende Magaliesberg-kinderkoor onder leiding van Hannelie van Sittert het goud gewen in die kategorie vir jeugkore en silwer in die kategorie Scenic Folklore;

Universiteit Pretoria se jeugkoor onder leiding van Lhente-Mari Pitout het drie goue medaljes verower en die Pietermaritzburg-kinderkoor van Johan Grobler het drie silwermedaljes ontvang.

Foto – Suid-Kaapse Kinderkoor