Weermag opleiding bevraagteken

Dit is nie seker of die vrou onbekwaam is, en of die weermag se Olifant-tenk in ’n swak toestand is nie, maar die ongeluk wat plaasgevind het in die Van Reenenpas het menige motoris warm om die boortjie gemaak.

’n Yslike konsternasie is veroorsaak toe die tenk die pad verlaat, omgeslaan, en in die oorkantste baan van die bergpas beland het, mooi op sy rug!

Die 28-wiel tenk se remme het glo nie behoorlik gewerk nie.

Die weermag vrou wat die tenk bestuur het, kon die voertuig nie beheer nie, maar kon later daarin slaag om dit in die sandput te laat ry, alhoewel die 65 ton MK 1 tenk net deur die sandbedding geploeg en teen ’n helling gaan staan het, om daar om te val en op die N3 te beland, netjies op sy rug.

Die weermag was glo besig om onopgeleide offisiere te leer om die groot voertuie te bestuur, waarna hulle glo ook met kursusse van instandhouding sou begin. Een van die toetse was om die nuwe Kapteins in die weermag te laat ry deur die Van Reenenpas met ’n MK 1 tenk.

Die vermoede bestaan dat die swart vrou as bestuurder ’n rat gemis het, en toe probeer het om die remme te gebruik.

Die 65-tonner se remme word egter binne 10 sekondes so warm dat dit nie verder behoorlik funksioneer nie.