Radetzky Mars.

https://www.youtube.com/watch?v=0_OoqkS_obY

 

Die Radetzky Mars, Op.228 is deur Johann Strauss Snr. in 1848 gekomponeer. Hy het dit opgedra aan Veldmaarskalk Joseph Radetzky von Radetz en die stuk het gou gewild geraak onder soldate. Die aard van die mars is eerder feestelik as seremonieel.

Strauss het opdrag gekry om iets te komponeer om die Slag van Custova te gedenk wat onder die bevel van die Veldmaarskalk gewen is.

Toe dit die eerste keer vir die Oostenrykse offisiere gespeel is, het hulle spontaan begin hande klap by die koorgedeelte. Hierdie tradisie, sagte, ritmiese, handeklap aan die begin, gevolg deur uitbundige geklap by die herhaling daarvan, word vandag nog gehadhaaf deur lede van ‘n gehoor wat die tradisie ken.

Die Weense Filharmoniese-orkes se Nuwejaarskonserte sluit elke konsert met hierdie mars af. Die tradisie is ook dat die orkes die mars begin terwyl die dirigent van die podium af is en dan stadig nader stap. Dit het nou tradisie geword dat die dirigent eerder die publiek se handeklap beheer as die orkes dirigeer.

In hierdie uitvoering is die dirigent Riccardo Muti wat voor (of partykeer met sy rug) die befaamde orkes dirigeer. Let op hoe hy telkens wanneer die handeklap hard is, tog ‘n groot teken ook na die orkes gooi.

Foto –  Joseph Radetzky von Radetz standbeeld