Duur skildery is skoonveld

In Hongkong is ’n skildery vir sowat R39 miljoen verkoop, maar het kort daarna spoorloos verdwyn.

Hongkongse polisiebeamptes het ondersoek begin instel nadat mediaberigte verskyn het waarin aankondiging is dat skoonmakers blykbaar die kunswerk per abuis weggegooi het.

Snowy Mountain” geskilder deur die Chinese skilder Cui Ruzhuo, is verlede Dinsdag as vermis aangemeld deur die afslaers van die maatskappy Poly Auction.

Kringtelevisie-opnames in die Grand Hyatt-hotel, waar die veiling gehou is, toon hoe skoonmakers, of mense wat hulle voordoen as skoonmakers, die skildery verwyder, wat meebring dat die kosbare kunswerk dalk op die algemene stortingsterrein te lande gekom het.

’n Woordvoerder van die hotel sê dat die hotel se personeel nooit met so iets behulpsaam is nie, en dat die betrokke maatskappy self personeel het wat daarmee werk.

Foto – Werke van Cui Ruzhuo