Cato Brink-Felsenstein vereer

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het die Huberte Rupertprys vir Klassieke Musiek aan die Suid-Afrikaanse sangeres Cato Brink toegeken.

Brink is sedert 1959 met die bekende regisseur en operadirekteur, dr. Peter Felsenstein getroud. Hulle woon tans in Rommersheim, Duitsland.

As liriese sopraan het sy in verskeie operas in Suid-Afrika, Wene en Duitsland opgetree. Deesdae is sy afgetree en hou haar gesig met die onderrig van sangers. Die vooraanstaande sangeres Minette du Toit-Pearce, is deur haar opgelei.

Die prys word deur die Rupert Stigting geborg.