Marikana erger as Sharpeville

Terwyl die ANC regering gedurig terugval na die onluste van Sharpeville om apartheid te beskuldig, is kenners nou van mening dat die moorddadige optrede by Marikana veel grusamer en wreedaardig is as wat tot hede vermoed is.

Die gevolgtrekking word gemaak uit hoofde van nuwe getuienisse wat daarop dui dat die twee mees ervare polisiebeamptes wat in Wes-Transvaal beskikbaar is, nie in beheer geplaas was om die bevel te voer en leiding te gee nie.

Gevolglik het die optrede van die swart polisiebeamptes wat klaarblyklik geen opleiding gehad het om myn-onluste te hanteer, in beheer geplaas wat tot gevolg gelei het dat 44 mense omgekom het.

Kenners sê dit is ’n totaal ander situasie as wat met Sharpeville die geval was waar derduisende oproerige, gewapende betogers die klein bemanning van die polisiestasie bedreig het.

Lt. kol. Salmon Vermaak, die bevelvoerder van die Wes-Transvaalse lugvleuel en voormalige openbare orde-bevelvoerder van die provinsie, het getuig dat die mees ervare orde-polisie bevelvoerder in die provinsie, brig. Adriaan Calitz nie genader is om die taak te verrig nie.

“Dit is verbasend dat brig. Calitz nie minstens vir die beplanning tydens die onluste van Marikana gebruik is nie,” het Vermaak gesê.

Voormalige senior bevelvoerders sê dit is duidelik dat die optrede van polisiebeamptes in die Marikana-slagting ’n toonbeeld is van onkunde, baasspelerigheid en domastrantheid.