Afrikaner, quo vadis ?

Die waarheid agter “menseregte” dag

Deel van ons opvoedingsplig is om ons kinders en kleinkinders toe te rus met onder andere die nodige waarheid en kennis, en óók die vermoë om met daardie kennis, gebeure en uitsprake op hul lewenspad krities te kan beoordeel en deur toetsing

die redelike en ware en korrekte afleiding/s te maak, binne die raamwerk van die suiwer Christelike lewens- en wêreldbeskouing.

Op 21 Maart is dit “menseregte” dag: wat is die waarheid?

“Menseregte” kan slegs bestaan waar die mens homself vergoddelik, homself eensydig verhef na ´n posisie van gesag wat hom nie toekom nie:

Dit is on-Christelik en daarom in beginsel verkeerd. [1]

Verder, in die konteks van Suid-Afrika en die viering daarvan, wat word herdenk?

Die ANC en hulle meelopers verkondig graag dat dit gaan oor “vryheid, gelykheid, geregtigheid” en sogenaamd lofwaardige “regte” vir elke persoon. [1]

Daar word dan veel gesê van die sogenaamde “vryheidstryd” en spesifiek die gewaande “protes” op 21 Maart 1960. [1]

Anders as die leuens en propaganda van die ANC en ander, was die ware rede vir die “protes” om geweld teen die wettige regering van ons land aan te blaas en ons land onregeerbaar te maak.

Nieteenstaande uitsprake van “vreedsame protes” het die ANC reeds sedert 1950/51 die pad van geweld begin betree, het kort daarna hulle ware, kommunistiese kleure begin wys en teen 1953 sweep Nelson Mandela mense op met liedere soos “There are the enemies. Let us take our weapons and attack them”, terwyl hy na die polisie wys. [2]

Die waarheid van Sharpeville is dat ´n betreklik klein polisiestasie ure lank deur duisende geweldadige en uittartende swart mense omring is, totdat die massa uiteindelik tot ´n aanval op die polisiestasie opgesweep is.

(Minder as 100 lede van die SAP is deur nagenoeg 5,000 mense gekonfronteer en die polisielede het slegs uit noodweer opgetree.)

Oor die dekades wat sou volg was geweld aan die orde van die dag, teen veiligheidsmagte, teen ons infrastruktuur en teen burgerlike teikens.

Dit was ´n “stryd” van eiesinnige haat, gevoer deur gesiglose bomplanters en moordenaars. Ons sien dus dat, al kan ons nie die begrip “menseregte” ondersteun nie, die ANC self daardie gewaande “regte” deurlopend geminag het, en dit steeds doen.

Onthou:

“Menseregte” ís niks anders as self-verheffing, self-verheerliking en self-vergoddeliking nie, dit is dus vir die Christen in beginsel verkeerd.

Om in die naam van “menseregte” geweld aan te blaas en geweld te pleeg, is inherent teenstrydig, oneerlik en opsetlik misleidend.

Beoordeel 21 Maart 1960 teen die agtergrond van 1960: ANC-geweld in SA, die Mau-Mau opstande in Kenia en die dreigende gebeure in Katanga. Die geskiedenis van die dekades wat sou volg is in Afrika geskryf in die onskuldige bloed van duisende, maar die geweld teen blankes was tóé reeds uitsonderlik barbaars.

Indien ons toelaat dat die ANC die geskiedenis verdraai, sterk ons hulle in hulle onregmatige vergrype en dra ons by tot die onderdrukking van ons volkseie erfenis.

Aan die beweerde ongeregtighede, die beweerde regmatige aspirasies van swart nasionalisme en die verwronge regverdigheid van die ANC en ander se sogenaamde “vryheidstryd” sal perspektief gegee word rondom 27 April en wat daarmee saamhang.

 

Joffré Papenfus

 

[1] Dit is belangrik om rekening te hou met hoe teenstanders van die waarheid bekende woorde se inhoud verdraai.

[2] Aldus Mandela self in sy outobiografie.