Boer se plan – met windpompe

Mnr. Casper van Tonder, van Ruigtevlei in die Vrystaat bou sy eie windpompe en het byna geen onderhoudskoste op hulle nie.

Sy eenvoudige metode; wat op dieselfde beginsel werk as ’n stampboor, kos aansienlik minder as R6,000 wat baie minder is as die prys van volledige windpompe wat aangekoop word.

Sy eerste windpomp het hy sowat 40 jaar gelede gebou, en dit werk ononderbroke tot vandag, sonder dat een onderdeel vervang is, want daar is byna geen onderdele nie.

Selfs die laers en silinder is nog die oorspronklike, en word so eenkeer per jaar nagegaan om goeie werkverrigting te verseker.

Hy en sy vrou Corrie woon saam met hul getroude seun op die plaas wat sedert 1928 in die familie se besit is.