Dagga-verkope gewettig

Die wêreld word nou op sy kop gedraai met die eerste wettige verkope van dagga in die Amerikaanse staat Colorado waar gelisensieerde instansies en persone gemagtig is om dagga te verkoop.

Die wettige verkoop van dagga word gesien as ’n nuwe tendens in die dwelmhandel, en bykans 40 apteke wat dagga tot hede as geneesmiddel voorsien het aan “pasiënte wat ongesteld is”, mag dit nou ook aan daggarokers beskikbaar stel.

In die staat mag dagga ook wettig verbou word. Verskeie landbouers het begin om reuse gebiede aan te plant, terwyl ander instansies gereed maak om verwerkte dagga as medikasie te bemark.

Talle instansies is egter besig om “dagga-lokale” in te rig, wat soortgelyk is as biertuine omdat die handel in dagga geskoei is op die alkohol-wette van die land..