Bekende filmster oorlede

Die aktrise van die immergroen rolprent, Gone with the Wind is verlede Vrydag in die rype ouderdom van 98-jaar in Suid-Carolina oorlede.

Alicia Rhett wat die rol van India Wilkes, Ashley Wilkes se suster, gespeel het, het stil heengegaan na ’n kort siekbed.

Van al die akteurs wat in Gone with the Wind  opgetree het, is daar nou nog drie in lewe, en al drie is in ’n hoë ouderdom.

Hulle is Mickey Kuhn (81), Olivia de Havilland (97), Mary Anderson (93).

Foto- Alicia Rhett soos in die film