Nòg ‘n skildery behaal rekordprys

Nòg ‘n skildery, “Saying Grace” deur Norman Rockwell is op die New Yorkse veiling vir ‘n rekordbedrag van $46, miljoen (R481) verkoop. Die skildery het ’n voorver­koopskatting van tussen $15 miljoen en $20 miljoen gehad.

In 2006 het Rockwell se “Breaking Home Ties” vir meer as $15 miljoen verkoop, wat tóé die rekordprys was.

Die skildery stel ’n stampvol restaurant voor met ’n seun en vrou wat by hul tafel bid. Dit is voorheen aan die Norman Rockwell Museum in Massachusetts geleen.

Nog ’n Rockwell-skildery, “The Gossips”, is vir $8,5 miljoen (sowat R89 miljoen) verkoop, terwyl “Walking to Church” vir net meer as $3,2 miljoen (sowat R33 miljoen) verkoop is.