Jatropha podagrica of bottelplant

Hierdie spesifieke Jatropha is ’n klein vetplantagtige struik en oorspronklik van Sentraal Amerika. Daar is verskeie Jatropha plante by kwekerye, maar hierdie spesifieke plant trek mens se aandag sommer gou. Hy word ook die “Gout plant” of “ Buddha Belly”, genoem. Die stam van hierdie plant vertel ook sommer waarom dit so genoem word.

Dit is ’n baie interessante ongewone plant met sy opgeswelde stam. Die stam is grys en sodra die plant oud word, verskyn daar knoppe op doe stam. Die plant is baie rond aan die onderkant en word dan al dunner na bo. Dit word omtrent 1 m hoog en dra die blare en blomme aan die bopunt van die plant.

Die blare is groot en 3 tot 5 lobbig, en is donker groen aan die bokant en bietjie ligter aan die onderkant. Die blare vertoon baie mooi aan ’n lang stingeltjie en is al in die rondte aan die bopunt. Die blomme is rooi en kom in trossies in die middel van die bopunt van die plant uit. Dit vertoon verskriklik mooi. Dit blom bykans die hele jaar veral in tropiese gebiede. In koue streke sal dit in die winter glad nie blom nie en is gevoelig vir ryp.

Dit groei goed direk in die tuin geplant en ook in potte. In tropiese gebiede

4 thoughts on “Jatropha podagrica of bottelplant

  1. Rosa van der Spuy

    Baie dankie vir die inligting! Die kwekery waar ek gekoop het, kon nie eens die plant se oorsprong of naam verskaf nie!
    Hoe vermeerder die plant en watter tipe grond word benodig?
    Ons s’n is in ‘n klein regop potjie in die hoek vd tuin en sover baie gelukkig, maak heelwat blare en het nou die derde trossie blomme gemaak.
    Vrees net dat die botteldeel nie juis ontwikkel nie, want dis juis dit wat die plant so opvallend maak.
    Geseende naweek.
    Mev. Rosa van der Spuy

  2. Rosa van der Spuy

    Baie dankie vir die inligting! Die kwekery waar ek gekoop het, kon nie eens die plant se oorsprong of naam verskaf nie!
    Hoe vermeerder die plant en watter tipe grond word benodig?
    Ons s’n is in ‘n klein regop potjie in die hoek vd tuin en sover baie gelukkig, maak heelwat blare en het nou die derde trossie blomme gemaak.
    Vrees net dat die botteldeel nie juis ontwikkel nie, want dis juis dit wat die plant so opvallend maak.

  3. Rosa van der Spuy

    Baie dankie vir die inligting! Die kwekery waar ek gekoop het, kon nie eens die plant se oorsprong of naam verskaf nie!
    Hoe vermeerder die plant en watter tipe grond word benodig?
    Ons s’n is in ‘n klein regop potjie in die hoek vd tuin en sover baie gelukkig, maak heelwat blare en het nou die derde trossie blomme gemaak. (Beskut tussen twee mure)
    Vrees net dat die botteldeel nie juis ontwikkel nie, want dis juis dit wat die plant so opvallend maak.

  4. ANNALIEN CRAFFORD

    Middag Rosa ek sien nou jou vraag oor die voortplanting van die Bottelplant. Die rooi blomme word later sade en wanneer dit droog is skiet dit oop en die sade word weg geskiet. Ek sit in my werkskamer waar die plant voor die venster staan dan hoor ek hoe skiet die sade oop. Groete Annalien Crafford

Leave a Reply

Your email address will not be published.