Wie van ons ken nie hierdie pragtige blomme nie en hoeveel van ons se bruidsruikers het dit nie gehad nie?
Die kleure wat daar deesdae by kwekerye en tuinsentrums en skoue te sien is, is pragtig. Dis wit, geel, oranje, donker pienk, ligte pienk tot amper swart.
Wanneer ons dit sien weet ons nie watter plant om te koop nie, want die een is regtig mooier as die ander een. Die plante word ook Arum lelies genoem.
Zantedeschia is ’n genus van die kruidagtige blommende plante en familie van die Araceae en is inheems aan Afrika, van Suid-Afrika tot
Die naam van die geslag (genus) is ’n huldeblyk aan die plantkundige Italianer Giovanni Zantedeschi wat in die 1700 gelewe het.
Zantedeschia spesies is kruidagtige meerjarige plante en groei baie goed in die meeste gebiede, veral die wit varkore wat nogal van klammigheid hou en
Dit is ’n geharde plant en sommer sterk en blom baie gereeld, veral die wit varkore. Varkore vorm ’n bos met regop stingels waaraan die blom op die bo-punt gevorm word. Die plante word 1 – 2,5 meter hoog met lang swaardvormige heldergroen blare wat tot 45cm lank word Daar is ook verskeie soorte met wit gespikkelde blare.
Die blomskede is tregtervormig met ’n geel stuifmeel stingel in die middel. Wanneer die blomme doodgaan aan die stingels, vorm daar ‘n risoom met sade aan wat geel verkleur sodra hul ryp is. Dit lyk nogal na geelmieliepitte aan ‘n stronkie. Hierdie saad kan geplant word deur dit los te maak van die risoom en net ‘n gaatjie in die grond met die vinger te druk, en elke pit afsonderlik in te druk en toe te maak met grond.
Dit neem tussen 14 na 21 dae om te ontkiem. In massas onder die skadubome vertoon hulle regtig pragtig. Die stuifmeel lok bye en skoenlappers na ons tuine, asook suikerbekkies. Onthou om slakgif tussen die plante te strooi. Onthou ook dat ystervark se kind baie lief is vir hierdie plant en sy wortels.
Van die spesies is giftig want daar is kalsium oksalaat teenwoordig. Die hele plant is giftig en veroorsaak ’n geïrriteerde vel of ’n brandende sensasie in die mond en
Daar is egter volke (in
Tuiniers, plant sommer baie varkore, hulle groei maklik en blom ook maklik. Onthou ook dat Oktobermaand ’n heerlike tuinmaand is. Besoek u rooskwekery of tuinsentrum en gaan ontdek die nuwe “honey-dijon” roos, wat heuning/mosterd kleurig is.
Volgens rooskenners gaan hierdie roos baie gewild word en is ook ’n baie goeie blommende roos en pragtig
Geniet u tuin en ook die heerlike reën wat oral uitgesak het.
Ek het n swart varkoor blom in n potplant maar dit wil nie goed groei nie en daar het n wurm uit gekom en nadat ek blue detf poeier op gegooi het , het wurm uit gekom en dit het gelyk of dit sou groei maar dit lyk steeds of dit kwyn. Kan julle help asseblief.
Kan julle help my swart varkoor se blare raak geel
Die Swart en Pienk Kleiner Varkoor Blom net een keer per Jaar en verloor SY blare. Die volgende jaar kom HY weerbop of herplant jy jou bolletjie en daar groei hy en gee weer Pragtige Blom.
looking to buy various colours
wat veroorsaak dat vark ore se blare geel raak en wat kan ;n mens doen om dit te herstel
of om te verhoed dat die blare droog of geel raak. Die tiepe varkoor is die een wat nie blom
nie.
Wat kan ek maak my varkoor blare is gesond maar wil nie blom wat kan ek vir hulle gee?
Hi daar my varkoor blare geel waarom?
Ek het ‘n swart varkoor persent gekry en wil die plantjie nou goed versorg. Dit gaan oor waar in ‘n vertrek moet die plant staan? Sonlig? Water? Ek lees dat die plant sy blare en blomme verloor as hy klaar geblom het. Wat moet ek met die plant maak?
my varkore se blare word geel help asb
Ek wil asb ook raad he oor die versorging van my donkerrooi arumlelie in n pot. Die blare raak geel, en die blomme se punte raak bruin en krul op. Dit kry genoeg water, staan in sterk lig, maar kry net in die middag son.
My vark ore se blare word geel help asb
My swart en oranja varkore van die blare het begin geel word na die reën, sy blomme het verwelk. Kry dit dalk te veel water? Hulle staan so semi in die son en koelte. Help asb, ek wil julle nie verloor nie.
Hi what is the price of your varkore and roses.
Hi what is the price of your varkore and roses.also what the mimium order and how does one order.
anton66lourens@gmail.com
Ek het oranje varklelie wat lyk my klaar geblom het. Los ek dit net in die pot sonder water tot volgende jaar. Hoe maak mens? Laat weet asb.