Volksmoord – Dit word ‘n slagting!

In die Ooskaapse dorp, Barkly-Oos, is ’n bejaarde egpaar vermoor deur terroriste, en hulle seun is in ’n kritieke toestand in die hospitaal

Mnr. Dawid de Villiers en sy vrou, Ralie, is koelbloedig vermoor en hulle seun is vir dood agter gelaat deur die terroriste.

’n Senior verpleegkundige by die hospitaal sê mnr De Villiers Jnr het veelvuldige meswonde in sy gesig en lyf opgedoen en verkeer tans in ’n ernstige, maar stabiele toestand.

Die De Villiers egpaar se lewelose liggame is in hulle plaashuis gevind deur hulle dogter gedurende die vroeë oggendure

’n Woordvoerder van Projek 2010, het aan Die Vryburger gesê, die moorde op volksgenote word nou ’n slagting, en sal met weerstand teengestaan moet word as totale uitwissing verhoed wil word.