Veediewe vasgetrek

In die Wesselsbron distrik is twee veediewe vasgetrek toe hulle besig was om nege skape te steel van ’n boer.

Die twee veediewe, waarvan een dief minderjarig is, is deur die wakker optrede van polisie in hegtenis geneem.

Die inhegtenisneming het enkele ure na die diewe padgegee het met hulle buit, plaasgevind toe polisie die spore gevolg het.

Die diewe was nog oppad om ’n voertuig te gaan haal om die diere weg te neem, toe hulle deur die polisie aangekeer is.