Regime is skuldig.


John Wallington, voormalige uitvoerende hoof van Coal of Africa (CoAL), het ‘n beroep op die regering gedoen om sg. verbode terreine duidelik af te baken sodat mynhuise nie, soos by Vele, hule vingers verbrand nie.

Die Velemyn is op die voorstoep van Mapungubwe, ‘n wêreld-erfenisgebied. Wallington het op ‘n beraad van die Fossielbrandstofstigting gesê die hele sage by Vele was ‘n nagmerrie en die gemors waarin Vele beland het, moet voor die deur van die regering gelê word weens “regulatoriese onsekerhede.”

Kort nadat Vele begin het, het nie-regeringsorganisasies op CoAL se rug geklim en daarna ook die Verenigde Nasies se Unesco.

“Dit is noodsaaklik dat die regering sensitiewe gebiede identifiseer en afbaken sodat mynhuise duidelike riglyne het,” het hy gesê.

Op die vraag of CoAL genoeg geld het om die Vele-myn te rehabiliteer, het hy gesê dié myn is net tydelik gesluit om uit te brei. “As dit nie voortgaan nie, sal daar genoeg geld vir herstelwerk wees.”