R44 milj eis teen SAPD

Drie mans van Messina wat beweer die polisie het hulle erg aangerand, eis nou altesame R44,7 miljoen van die Minister van Polisie.

Arnold Murema, Jimmy Rasebu en Paulus Mbedzi, almal van Messina, het hulle eise in die Hooggeregshof in Pretoria ingestel.

Murema beweer hy is op 25 November 2010 deur lede van Beitbrug-grenspos se polisie by sy huis ontvoer. Hy is glo na Zimbabwe geneem waar hy ses dae lank by die Beitbrug-polisiekantoor aangehou en daagliks aangerand is.

Hy is op 2 Desember 2010 in die Beitbrug-landdroshof van gewapende roof aangekla, ‘n misdaad wat in Zimbabwe strafbaar met die doodsvonnis is. Hy is tot 9 Maart in die tronk in Zimbabwe aangehou. Die klag is weens ‘n gebrek aan getuienis teen hom teruggetrek.

Op 3 Januarie 2012 is hy en die ander twee weer gearresteer en weer ernstig aangerand.

Na die aanrandings is hulle vir gebreekte ribbes en bene in die hospitaal behandel. Hulle beweer ook dat hulle met pepersproei gespuit is, herhaaldelik met sambokke en knopkieries geslaan is.

Jan Fiskaal sê dat die besonderhede van die aanrandings is grusaam. Boonop is dit hoe swart "polisie" met swartes aangaan. Hoeveel erger dus gaan hulle nie met weerlose blankes aan nie.

Die intense hartseer is dat hierdie faset van die swartes reeds sedert die Mau-Mau-opstande in Kenia bekend was. Hierdie gewelddadige optrede wat hulle onder mekaar openbaar was een van die belangrikste redes vir apartheid gewees. Geen beskaafde kan en wil saam met soveel barbarisme leef nie.